WELKOM BY HOËRSKOOL SANNIESHOF

HOËRSKOOL SANNIESHOF SE VISIE & MISSIE

VISIE
Dit is ons visie om binne  die skool omgewing, elke leerder in sy/haar totaliteit en tot sy/haar optimal potensiaal te ontwikkel.
Om die leerder te help om norme en standaarde te vestig wat erken en aanvaar word deur die gemeenskap waarin hy/sy funksioneer.

MISSIE
Dit is die missie van Hoërskool Sannieshof om aan elke leerder die geleentheid te bied:
Om deur gehalte onderrig sy/haar volle potensiaal te ontwikkel en te bereik met die hulp van onderwysers wat:
‘n Christelike basis as beginpunt daar stel
‘n Hoë inset van hulself en ook van hulle leerders verwag en besef dat elke leerder
‘n individu op sy/haar eie is en dit respekteer
Gebruik maak van die hulp van alle belanghebbendes om die uitmuntendheid van ons skool na te strewe.
Om ‘n stabiele basis te vestig waar holistiese onderrig kan plaasvind.
Om alle belanghebbendes te motiveer om met ywer ‘n bydrae te lewer tot die uitbou van ons skool.
Om egte waardes en respek vir mekaar se godsdiens uit te bou.
Die produk van ons skool moet die eienskappe reflekteer van landsburgers wat toegerus is om die uitdagings van ‘n progressiewe land die hoof te kan bied.

Hoërskool Sannieshof lewerjaarliks kwaliteit leerders op wat gaan voorsien in ons land se vraag na Mediese dokters, Ingenieurs, Ambagslui, Onderwysers, Entrepreneurs  en DIE SKEPPERS VAN VOEDSELSEKERHEID - ONS BOERE!

By Hoërskool Sannieshof bied ons:
- Akademiese, wetenskaplike en tegnologiese onderrig
- Sport- en kultuurontwikkeling
- Hoë standaarde in alles wat ons aanpak
- Omgee vir mekaar
- Oorspronklikheid
- 'n Moderne, deursigtige skoolkultuur
- Geleenthede aan elke leerder om sy/haar volle potensiaal te
   ontwikkel in 'n gelukkige en veilige omgewing
- Gebalanseerde skoollewe


Beskrywing van Hoërskool Sannies:
- Christelike fondasie
- Gelukkige leerders
- Plek vir almal
- Gebalanseerde skoollewe
- Uitstaande sport
- Puik akademie
- Uitstaande kultuur
- "Great" sosiale aksies
- Goedopgeleide onderwysers
- Goeie afrigters
- Groot gees

AKADEMIE 
15 vakke met keuse vakke soos:
Landbou:  Landbouwetenskap, Landboubestuurspraktyk en Landboutegnologie.
Rekenaars en dienste: Toerisme, Rekenaartoepassingstegnologie, Gasvryheidstudie
Tegnies: Ingenieursgrafika en –ontwerp
Algemeen: Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap, Rekeningkunde, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Besigheidstudies, Afrikaans (eerstetaal), Engels (tweedetaal).

Hoërskool Sannieshof bied ALLE KLASSE IN AFRIKAANS AAN!
Klein klasse verseker ook persoonlike aandag aan elke leerder.


Ons Skoolhoof Mnr. Henry Pretorius


 

Geskiedenis

Hoërskool Sannieshof  het in 1902  as ‘n klein privaat skooltjie  met 9 leerders begin—ongeveer 40 m vanwaar die huidige Ottosdal-Rostrataville paaie kruis.  Die skooltjie het later ‘n CNO-skool geword maar is a.g.v. ‘n gebrek aan fondse in ‘n Goewermentskool omskep en die skool het tot 60 leerders aangegroei. 

In 1914 het die naam amptelik die De Klipdrift skool geword. En in 1924 het die skool amptelik na die terrein van die huidige Laerskool geskuif.  In 1933 het die skool verander in ‘n Junior Hoërskool .

I n 1936 is die Junior Hoërskool in ‘n Skoolplaas omskep en is die eerste  geboue op die Skoolplaas wat deur mnr. Louw van Wyk geskenk is, opgerig.  Die eerste matriekklas is die klas van 1954.

Vanaf 12 Desember 1956 het die skool as “Die Hoërskool Generaal Koos de la Rey” bekend gestaan.

KOSHUIS


Die koshuise:      
In 1966 begin die bou van die Koshuise wat ons vandag ken.  In 1968 kon die eerste kinders in die Koshuise intrek

Skoolfonds en losiesgelde: In 1924 was die Koshuislosiesgelde: 25 lb (11,4 kg ) boermeel, 25 lb mieliemeel en 25 lb vleis per kind per kwartaal!  Groente is op die terrein gekweek en die staat het aan die skool ‘n toelaag van ongeveer 9c per kind per dag gegee!!
Bietjie anders as wat ons vandag ken, maar Hoërskool Sannieshof spog steed smet baie billike skool- en koshuisgelde!

Indien ‘n leerder van die koshuis fasiliteite gebruik wil maak kan hy/sy verseker wees van ‘n veilige en baie gerieflike tweede tuiste waar elkeen sy/haar eie kamer (met dakwaaier) het en waar gebalanseerde etes deur ‘n opgeleide kok voorberei word.  Die koshuis spog met sy eie swembad en ontspanningskamer met ‘n snoekertafel, skaakstelle en veerpyltjie borde.


 

SKOOLLIED




.



skool lied

 

 

SKOOLREëLS

DISSIPLINE (beteken om te volg of te leer)

Gedragskode

Dissipline behels die vorming van die kind se karakter in totaliteit deur goeie gedrag aan te moedig en onaanvaarbare gedrag reg te stel. Dissipline is daarop gerig om die kind in totaliteit vir die lewe voor te berei. Straf is maar net ‘n tydelike deel van dissipline : ‘n korttermynreël om die kind van verkeerde optrede te weerhou. Om te dissiplineer beteken om op te voed.

Met die oog op die ordelike verloop van skoolaktiwiteite word vaste reëls m.b.t. skooldrag, netheid, pligsversuim, swak gedrag, stiptelikheid en dies meer vasgelê. Ons verwag dat leerders en ouers hulle sal verbind aan die nakoming van reëls en voorskrifte. Binne hierdie struktuur van dissipline word ‘n rustige studie-atmosfeer geskep wat leerders aanspoor om hulle potensiaal te ontwikkel, asook leierskap en selfdissipline te bevorder. Indien enige leerder na die oordeel van die skoolbestuur hom/haar skuldig maak aan oortreding, kan dit lei tot ernstige dissiplinêre optrede. So ‘n leerder kan vir ‘n vooropgestelde tydperk van onderrig ontneem word.

SKOOLDRAG
Skooldrag word na alle formele skoolfunksies en sportbyeenkomste gedra.

DOGTERS
Somer:
• Bottelgroenromp
• Liggroen, kortmou skoolhemp met skoolwapen op die hempsak
• Kort groen skoolsokkies met rooi en geel strepies
• Swart skoolskoene Bottelgroen blazer met skoolsakwapen
Winter:
• Bottelgroenromp met swart langkouse óf
• Bottelgroen skoollangbroek met groen skoolsokkies
• Liggroen skoolhemp met die skoolwapen op die hempsak
• Skooldas – Bottelgroen met geel en rooi strepies
• Swart skoolskoene
• Bottelgroen, V-hals skooltrui
• Bottelgroen blazer met skoolsakwapen


SEUNS
Somer:
• Liggroen skoolhemp met die skoolwapen op die hempsak
• Loodgrys skoolbroek (kort of lank)
• Grys skoolkouse
• Swart toeryg skoolskoene – geen velskoene of stewels


VERSKAFFERS VIR SKOOLDRAG
• Sannieshof Wholesalers
- vir Skooldrag
• AK Sports & Leisure (Klerksdorp)
- vir Groen Skool Blazer
• Mahomeds, Lichtenburg
- vir Groen Skool Blazer


Winter:
• Somersdrag soos hierbo uiteengesit
• Skooldas – Bottelgroen met geel en rooi strepies
• Bottelgroen, V-hals skooltrui
• Bottelgroen blazer met skoolsakwapen

 

WAARDES

Hoërskool Sannieshof se waardes is gebaseer op die volgende sewe pilare:

GELOOF
RESPEK
OMGEE
REGVERDIGHEID
BURGERSKAP
VERANTWOORDELIKHEID
BETROUBAARHEID


 

SKOOLWAPEN & TERREIN




Ons skoolwapen Huidige Vlag Ons Mascot

LVR 2016


Hoërskool Sannies se LVR, of ook bekend as die Verteenwoordigende Leerderraad, bestaan nie net uit Graad12 nie, maar uit verteenwoordigers van elke graad.

Ons LVR gaan jaarliks op ‘n LVR-kamp waar hul opleiding ontvang en beplanning doen vir die komende jaar. Hierdie groep leerders verteenwoordig die res van die skool en vorm deel van belangrike besluitnemingsprosesse, rakende skoolaangeleenthede.

Jy kan reeds in Graad 8 al deel van ons LVR wees. ‘n Groot leierskapsprestasie wat jy eendag op jou CV kan plaas.


LVR 2016

• 2016 - Lienke de Kock: Voorsitter van die Leerlingverteenwoordigenderaad. 
Richard Lummis: Ondervoorsitter van die Leerlingverteenwoordigenderaad. 

• 2016 - LVR (Leerlingverteenwoordigenderaad)
Agter: Jean-Marie Rousseau; Marlize Louw; Marilize Loxton; Ester de Kock; Tony Salameh; Marené Bouwer; Danniel Kriel. 
Middel: Marianka Scholtz; Leandri van Wyk; Steven Ahumado; Huntley Conradie; Hennie Snyman; Marizanne Lindeque; Alida van Zyl; Schalk Kriel; Henda Pretorius. 
Voor: Charne' Kirsten; Chane' Fourie; Lienke de Kock (Voorsitter); Richard Lummis (Ondervoorsitter); Hugonette Theron.

• 2016 - Koshuis-Kommitee
Links: Charne' Kirsten (Voorsitter); Wilmarie Viljoen; Jan-Harm Pienaar; George Whelan; Derik Bouwer; Rome' Bester

• 2016 - Labdbou-Kommitee
Links: Richard Lummis; Minette Wessels; Abri Coetzee; Rudo van Rensburg; Derik Bouwer; Marisa Barnard; Marianka Scholtz (Voorsitter); Marlize Louw.

2015 - OPEDAG


 

Gemeenskapsprojekte


SANNIES GEE OM

Hoërskool Sannieshof is die een skool waar almal saam staan en vir mekaar omgee. Hier is ons een groot familie wat saam werk en help om mekaar se lewens te vergemaklik. Hoerskool Sannieshof neem aan verskeie fondsinsamelingsprojekte deel, sodat hulle mekaar, en die gemeenskap kan help waar daar nood is.

Daar word ook borge gesoek om dit vir leerders, wat finansieel sukkel, moontlik te maak om voluit aan alle skoolaktiwiteite deel te neem.

  gee om

Deur in die voetspore van ons ouers te volg en met Bybelse riglyne maak ons leerders ‘n sukses van die lewe.